Woord vir Vandag - 9 Julie 2025

Loading player...
“…Wie My aanhou volg… sal die lig hê wat lewe gee.” Johannes 8:12 NLV
Reageer wanneer die lig groen word
In sy boek, Deep Thoughts, skryf Jack Handey: ‘Soos die lig van rooi na groen na geel en toe weer terug na rooi verander het, het ek daar gesit en oor die lewe nagedink. Was dit dan niks meer as ‘n klomp toeterende motors en geskreeu nie? Soms het dit so gevoel.’ Baie van ons wag vir die groen lig wat alreeds vir ons gegee is. Jesus het gesê ‘…Wie My aanhou volg… sal die lig hê wat lewe gee.’ Wanneer kry mens dan insig, duidelikheid en rigting? Wanneer jy die eerste tree in geloof neem. Ons beveel nie ‘n gedagtelose of gebedelose benadering tot besluitneming aan nie. Jy moet seker wees dat God jou roep. Jy kan egter so bang wees om die verkeerde ding te doen dat jy nooit die regte ding doen nie. Dit is wys om te dink en weer te dink, maar nie om te oordink nie. Oormatige ontleding lei tot geestelike verlamming. ‘n Pastoor verduidelik: ‘As jy probeer om die wil van God logies uit te redeneer, sal jy nooit ’n geloofstap neem nie, omdat die wil van God nie logies is nie - dit is teologies.’ Die woord ‘theos’ beteken ‘God’, en dus dui ‘teologies’ daarop dat God in die vergelyking ingebring word. Die pastoor gaan voort: ‘Die aansporing van die Heilige Gees sal nie altyd vir jou logiese linkerbrein sin maak nie. Trouens, God-geïnspireerde idees lyk dikwels soos slegte idees. Juis dan moet jy toelaat dat die Heilige Gees jou intellek oorheers.’ Die dissipels wat Jesus geroep het, het twee dinge gedoen. Hulle het wonderwerke verrig en hulle het foute gemaak. As hulle onwillig was om ‘n fout te maak, sou hulle nooit die vreugde daarvan om wonderwerke te verrig, ervaar het nie. Gaan dus wanneer die lig groen word.
8 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min