Woord vir Vandag - 10 Julie 2025

Loading player...
“Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange.” Filippense 2:4 NLV
Moenie afwysend wees nie
As jy jouself in ‘n leierskapposisie bevind, moet jy bewus wees hoe jy op die gevoelens, gedagtes en opinies van diegene rondom jou, reageer. Jy moet sensitief wees daarvoor, want dit wat jy as leier sê sal dieper aanklank vind as dit wat ander mense sê. Selfs wanneer iemand ‘n idee voorstel wat jy voel geen verdienste het nie, moet jy ​​die versoeking om dit dadelik van die hand te wys, weerstaan. ‘n Eenvoudige: ‘Dankie vir jou insette,’ eerder as ‘n: ‘Nee, dit sal nie werk nie,’ is nodig. Wanneer jy afwysend teenoor iemand is, stuur dit die volgende boodskap: ‘Ek ignoreer jou en jou idee. Jou gevoelens en sienings maak nie saak nie. Jou belange is vir my onbelangrik.’ Sulke stellings, gesproke of ongesproke, benadeel ‘n persoon se gevoel van waarde en behoefte aan respek. Dit is veral van toepassing as die persoon glo dat hulle spesiale agting verdien. Die ou gesegde is waar: ‘Mense gee nie om hoeveel jy weet nie, totdat hulle weet hoeveel jy omgee.’ Wanneer jy ander afwysend behandel, sal hulle ‘n manier vind om hul irritasie ten toon te stel, wat jou soms duur te staan kan kom as jy jou visie wil bereik. Jy kan dit voorkom deur meer bewus te raak van hoe jy teenoor ander mense optree. Die enigste oplossing vir hierdie probleem is om buite jouself te tree, aandagtig na ander te luister en te poog om hul bekommernisse te verstaan en met respek te hanteer. As jy dit doen, sal jy groot voordele daaruit put. ‘Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange.’
9 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min