Woord vir Vandag - 11 Julie 2025

Loading player...
“As ‘n soldaat jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer ver.” Matteus 5:41 NLV
Loop die ekstra myl
Verbeel jouself die volgende: Jy is in ‘n restaurant met iemand wie se rekening R100 is en jy sien hoe hulle die fooitjie uitwerk. Hulle het R20 oor en weet dat ‘n 10 persent fooitjie as die absolute minimum gesien word. Hulle mors vyf minute om kleingeld vir daardie R20 te kry sodat hulle presies R10 as fooitjie kan los, eerder as om bietjie ekstra te gee. Wat sou gebeur het as hulle die volle R20 as fooitjie gelos het? Hulle mag dalk die kelner of kelnerin se dag gemaak het. R10 mag dalk nie soos baie klink nie, maar die boodskap wat daarmee gepaardgaan kan die wêreld vir iemand beteken, veral as hulle ‘n slegte dag het. Dit sê: ‘Dankie, jy het ‘n goeie werk gedoen, ek waardeer jou, jy is kosbaar.’ Miskien gaan die boodskap verlore – jou kelner raap net die fooitjie op sonder om dit te tel – maar God seën jou in elk geval omdat jy dit gedoen het. ‘…Wie suinig saai, sal karig oes; wie ruimhartig saai, sal volop oes’ (2 Korintiërs 9:6 NLV). Dink daaroor: Jy kan iemand anders gelukkig maak en jouself seën. Dit is net een klein voorbeeld van die verskeie maniere waarin die klein dingetjies wat ons doen, verrassend groot nagevolge kan hê. Klein dade van goedhartigheid gee die toon van jou dag aan. Om die ekstra myl te gaan – of dit nou ‘n ekstra fooitjie of ‘n onverwagte kompliment of geskenkie is – kos baie min en gee jou baie terug. Hier is nog ‘n belangrike gedagte: Ons kan geloof hê wat berge versit, al die diep leerstellings van die Bybel verstaan en verduidelik en uitblink in persoonlike heiligheid, maar God se Woord sê dat ons niks, sonder liefde, is nie (sien 1 Korintiërs 13:2).
10 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min