Woord vir Vandag - 13 Julie 2025

Loading player...
“…So is die geloof wat nie dade word nie, ook dood.” Jakobus 2:26 NLV
Geloof is nie geloof totdat dit uitgeleef word nie
Kan dit wees dat die negatiewe persepsie wat mense van die kerk het, uit die negatiewe energie wat ons uitstraal spruit? Kan dit ook wees dat ons negatiewe energie uit ons negatiewe siening van geregtigheid spruit? Ons beskou geregtigheid verkeerdelik as om niks verkeerd te doen nie. Die probleem met so ‘n benadering is dat jy niks verkeerd kan doen nie en steeds nie die regte ding doen nie; die ding wat God jou roep om te doen. Dink jy regtig dat dit God se groot droom vir ons is dat ons niks verkeerd doen nie? Jy hou daarvan as jou kinders ‘n moeilike besluit maak om iets nie te doen wat hulle weet verkeerd is nie. Dit bring egter groter vreugde mee as jy sien hoe hulle hul talente ontwikkel en hulle potensiaal begin uitleef. Dis wat God vir elkeen van ons wil hê. Die Bybel leer ons van twee soorte sondes: die sonde van bedryf, wat is om iets te doen wat jy nie moes doen nie en die sonde van versuim, wat al die dinge is wat ons kon en moes gedoen het om God se koninkryk te bevorder, maar nie gedoen het nie. ‘n Pastoor skryf: ‘In God se ekonomie is om gelyk te breek, ‘n totale verlies. Is dit nie die les van die gelykenis van die talente nie? Die slaaf met een talent het gelyk gebreek, maar Jesus het hom ‘n slegte slaaf en ‘n lamsak genoem (sien Matteus 25:26). Geregtigheid is om al jou God-gegewe gawes te gebruik om jou God-gegewe potensiaal ten volle te bereik. Liefde speel nie veilig nie; dit neem risiko’s. Liefde maak nie verskonings nie; dit neem verantwoordelikheid. Liefde sien nie probleme nie; dit gryp geleenthede aan om op te staan en in te tree.’
12 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min