Woord vir Vandag - 14 Julie 2025

Loading player...
“…Die standvastigheid en die bemoediging wat die Skrif aan ons gee, help ons om aan ons toekomsverwagting te bly vashou.” Romeine 15:4 NLV
Jy moet ‘n Bybelse perspektief hê
Daar is ‘n oulike verhaal van ‘n meisie wat haar ouerhuis verlaat het om universiteit toe te gaan. Aan die einde van haar eerste semester, het sy vir haar ma die volgende e-pos gestuur: ‘Ek dink dit is tyd dat ek Ma op datum bring oor wat in my lewe aangaan. Kort nadat ek by die universiteit aangekom het, het ek met die koshuislewe verveeld geraak en vyfhonderd rand uit my kamermaat se beursie gesteel. Met die geld het ek ‘n motorfiets gehuur, maar naby die koshuis daarmee teen ‘n telefoonpaal vasgery. Ek het my been in die ongeluk gebreek en kan nie klasse bywoon nie, so ek kom huis toe om by Ma en Pa te kom bly.’ Nadat sy die e-pos gestuur het, het sy dadelik ‘n tweede een gestuur: ‘Ma, ek maak net ‘n grappie. Ek het nie enige geld gesteel, of ‘n motorfiets gehuur, of daarmee teen ‘n telefoonpaal vasgery, of my been gebreek nie. Ek kom ook nie huis toe om by julle te bly nie. Ek het egter ‘n D in wiskunde en ‘n F in letterkunde gekry en ek wou hê julle moet my punte in die regte perspektief beskou!’ Op ‘n ernstiger noot, kan ‘n Bybelse perspektief op die lewe se uitdagings jou uit wanhoop en moedeloosheid lig. Paulus skryf: ‘…Die standvastigheid en die bemoediging wat die Skrif aan ons gee, help ons om aan ons toekomsverwagting te bly vashou.’ Vir elke probleem waarvoor jy in die lewe te staan kom, het God se Woord ‘n beginsel om uit te oefen en ‘n belofte om op te eis. Die manier om dus moedeloosheid te oorkom, is om in God se Woord te delf en dit ter harte te neem.
13 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min