Woord vir Vandag - 16 Julie 2025

Loading player...
“Jesus se dissipels het onthou dat daar geskryf staan: ‘Die ywer vir u huis brand in my binneste.’” Johannes 2:17 NLV
Moenie jou passie vir God verloor nie
Probeer om die vuur in Jesus se oë en die bulting van sy spiere terwyl Hy die tafels van die geldwisselaars in die tempel omgooi, voor te stel. Hy doen dit terwyl Hy ‘n sweep swaai wat Hy self gemaak het. ‘Jesus se dissipels het onthou dat daar geskryf staan: ‘Die ywer vir u huis brand in my binneste.’’ Jesus was die wysste en barmhartigste mens wat ooit gelewe het. Hy was ook die passievolste. Diegene wat Hom volg, behoort ook die passievolste mense op die aarde te wees. Die woord entoesiasme kom van twee Griekse woorde af: en en theos, wat ‘in God’ beteken. Hoe meer jy ‘in God’ word, hoe groter passie ontwikkel jy vir God se dinge. ‘Wees bly in die Here, en Hy sal jou hartsbegeertes aan jou gee’ (Psalm 37:4 NLV). Ja, jy is veronderstel om jou vleeslike begeertes daagliks te kruisig. God neem egter nie jou kapasiteit vir begeerte weg nie; Hy heilig en herlei dit. Wanneer jy jouself in die Here verbly, verander jou begeertes. C.S. Lewis het gesê: ‘Ons is halfhartige wesens wat eerder met drank en seks en ambisie omgaan, as die oneindige vreugde wat aan ons gebied word.’ ‘n Pastoor voeg by: ‘Sonde is ‘n vermorsing van energie, en dit is ook ‘n dubbele vermorsing. Nadat jy jou energie op dinge soos wellus en trots en woede gemors het, moet jy nog meer energie op dinge soos skuld en skaamte en spyt mors. Niks vermors meer energie as sonde nie, maar op dieselfde manier verskaf gehoorsaamheid meer energie as enigiets anders. Dit is pure energie.’
15 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min