Woord vir Vandag - 17 Julie 2025

Loading player...
“…Jesus [het] opgestaan en alleen op ‘n stil plek gaan bid.” Markus 1:35 NLV
Spandeer tyd alleen met God (1)
Om geestelik te groei, moet jy tyd alleen met God bestee. Wanneer jy in sy teenwoordigheid kom, moet jy die volgende benadering hê: 1) Afwagting. Verwag om in julle tyd saam te gee en te ontvang. Maak dit ‘n tyd van intimiteit. Dis onmoontlik om ‘n liefdesverhouding in die openbaar te hê; intimiteit verg alleentyd saam met die een wat jy liefhet. Die Bybel praat van Christus as die bruidegom en ons as sy bruid (sien 2 Korintiërs 11:2). Dink aan die afwagting en opgewondenheid wat in sulke oomblikke gedeel word. 2) Eerbied. Moenie in God se teenwoordigheid inbars nie. Berei jou hart voor deur voor Hom stil te word en die stilte toe te laat om die gedagtes van die wêreld weg te vee. Herinner jouself wie jy ontmoet – God! Die Een wat waardig is ‘… om die hemelse heerlikheid en die eer en die mag te ontvang…’ (Openbaring 4:11 NLV). 3) Waaksaamheid. Gaan vroeg bed toe sodat jy op en wakker sal wees wanneer jy God in die oggend ontmoet. Hy verdien jou volle aandag. Gee aan Hom die beste deel van jou dag – wanneer jy die varsste is. Volg Christus se voorbeeld: ‘Nog voor dagbreek die volgende oggend het Jesus opgestaan en alleen op ‘n stil plek gaan bid.’ 4) Gewilligheid. Dit is van kardinale belang dat jy na jou stiltetyd toe kom met die doel om enigiets en alles te doen wat God wil hê jy moet doen. Johannes sê: ‘Wat ons ook al bid, kry ons van Hom omdat ons sy opdragte gehoorsaam en dié dinge in sy teenwoordigheid doen wat Hom bly maak’ (1 Johannes 3:22 NLV). Wanneer jy alleen saam met God is, besluit om dit wat Hy vir jou sê om te doen, met oorgawe te doen.
16 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min