Woord vir Vandag - 18 Julie 2025

Loading player...
“O God, U is my God, ek soek na U, ek smag na U…” Psalm 63:2 NLV
Spandeer tyd alleen met God (2)
Dr Stephen Olford het gesê: ‘Ek wil God se stem in die oggend hoor voor ek enigiemand anders se stem hoor en sy stem is die laaste stem wat ek in die aand wil hoor.’ Of jy nou besluit om in die oggend of aand met God tyd te bestee, wees konsekwent. Maak ‘n afspraak met God en hou daarby. ‘Hoeveel tyd moet ek bestee?’ vra jy. 1) Begin met ‘n paar minute en laat dit groei. Moenie begin om twee uur lank stiltetyd te hou nie, dit sal jou ontmoedig. Jy sal meer herinneringe aan mislukking as herinneringe aan sukses skep. Jy moet hierdie verhouding, net soos enige ander verhouding, laat groei. 2) Moenie jou horlosie saamvat nie. Dit kan jou stiltetyd vinniger as enigiets anders ruïneer. Besluit hoeveel tyd jy aan God se Woord en gebed kan bestee – en hou dan daarby! Soms sal jy langer tyd wil bestee as wat jy beplan het en ander kere sal dit korter wees. Onthou, jy praat met die God van alle ewigheid; moenie Hom beledig deur aanhoudend na jou horlosie te kyk nie. Met God is kwaliteit belangriker as kwantiteit. Dis wat jy doen wanneer jy by Hom is wat belangrik is, ongeag of dit tien minute of ‘n uur is. 3) Kry ‘n spesiale plek. ‘Dié oggend het Abraham vroeg opgestaan en hom gehaas na die plek waar hy by die Here gestaan het’ (Genesis 19:27 NLV). Jou spesiale plek moet êrens wees waar jy hardop sonder skaamte kan bid, êrens waar jy gemaklik is. Moet dit net nie in die bed doen nie – dis te gemaklik! Soos die tyd aanstap, sal jou spesiale plek as gevolg van al die wonderlike tye wat jy daar saam met die Here bestee het, alles vir jou begin beteken.
17 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min