Woord vir Vandag - 19 Julie 2025

Loading player...
“As jy aan God 'n gelofte gedoen het, moet jy nie versuim om dit te betaal nie...” Prediker 5:4 AFR83
Spandeer tyd alleen met God (3)
Wanneer die druk in jou lewe begin ophoop, sal jy in die eerste plek versoek word om jou stiltetyd met God, om te bid en sy Woord te lees, te laat vaar. Satan weet ook dat as hy jou van jou stiltetyd kan weerhou, hy die stryd gewen het en sal hy geen teenstand van jou kry nie. Hoe kan jy dus hierdie probleem oorkom? 1) Deur ‘n verbond met God te sluit. Dink daaroor: Hoekom ruil ons huweliksbeloftes uit? Sodat ons twee keer sal dink voor ons dit verbreek! Dieselfde geld vir jou alleentyd met God. ‘As jy aan God 'n gelofte gedoen het, moet jy nie versuim om dit te betaal nie…’ 2) Deur dit te skeduleer. Skeduleer elke dag tyd saam met God in jou dagboek, net soos jy met ‘n doktersafspraak of ‘n belangrike vergadering sal doen. Kan jy aan ‘n belangriker afspraak dink? Sekerlik nie! 3) Deur voorbereid op die duiwel se verskonings te wees. Dr Robert G. Lee het gereeld gesê: ‘As jy in die oggend opstaan en die duiwel nie direk in die gesig staar nie, beteken dit dat julle in dieselfde rigting op pad is!’ 4) Deur jou Bybel by die verse wat jy moreoggend wil lees, deur die nag oop te los. Wanneer jy wakker word, sal dit jou aan die belangrikste afspraak van die dag, naamlik om tyd met God te bestee, herinner. Wat as jy ‘n dag oorslaan? Moenie bekommerd wees en heeldag skuldig voel nie. Wanneer jy ‘n maaltyd oorslaan, hou jy mos nie heeltemal op om te eet nie. Dit beteken net dat jy bietjie meer by die volgende maaltyd eet en dan daarvandaan aanbeweeg.
18 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min