Woord vir Vandag - 20 Julie 2025

Loading player...
“…sonder My kan julle niks doen nie.” Johannes 15:5 NLV
Op wie maak jy staat?
Net omdat God se Gees in jou leef, waarborg dit nie dat sy krag in jou lewe werksaam is nie. God se krag is beskikbaar, maar jy moet daarby inskakel. Jesus vergelyk ons geestelike lewe met ‘n druiwestok en sy lote: ‘Ek is die druiwestok, julle is die lote. Wie aan My verbonde bly en Ek aan hulle, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie’ (vers 5 NLV). In hierdie vergelyking is die loot heeltemal afhanklik van die druiwestok; dit kan nie vrugte op sy eie voortbring nie. As iemand appels aan die takke van ‘n dooie boom sou vasmaak en sê: ‘Kyk na hierdie vrugteboom,’ hoe sou jy reageer? Jy sal heel waarskynlik sê: ‘Jy het daai vrugte aan die boom vasgemaak.’ Dis soortgelyk aan wanneer ‘n Christen sê: ‘Ek gaan ‘n klomp vrugte in my lewe vasmaak – ‘n bietjie geduld nou, ‘n bietjie barmhartigheid later, ‘n bietjie selfbeheersing op ‘n ander tyd. Ek sal dit self doen.’ Dis onmoontlik! Dis die vrug van die Gees, nie die inspanning van die vlees nie. Jesus het gesê: ‘…Wie aan My verbonde bly en Ek aan hulle, dra baie vrugte…’ Hoe kan jy vasstel of jy aan Christus verbonde is? Dink aan jou gebedslewe. Jou gebede openbaar jou afhanklikheid van God. Waarvoor bid jy? Dit waarvoor jy bid is dit waarvoor jy van God afhanklik is. Die Bybel sê: ‘Moenie ophou bid nie’ (1 Tessalonisense 5:17 NLV). Bid oor jou besluite, behoeftes, versoekings, belange, planne, skedule, probleme, aankope; bid oor alles! Deur dit te doen bly jy ‘verbonde’ – deur bewus te wees dat God en sy teenwoordigheid altyd by jou is.
19 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min