Woord vir Vandag - 21 Julie 2025

Loading player...
“...Hulle het krag in hulle swakheid ontvang…” Hebreërs 11:34 NLV
Die geheim tot sukses
Die sogenaamde ‘geheim’ tot sukses is inderwaarheid geen geheim nie! Dis eenvoudig om weer op te staan nadat die lewe jou platgeslaan het en om die lesse wat jy geleer het, saam met jou die toekoms in te neem. Ons lees in die Bybel van helde soos Simson en Dawid. ‘Hulle het krag in hulle swakheid ontvang, was magtig in die oorlog en het vreemde leërs op die vlug laat slaan’ (vers 34 NLV). Let op dat hierdie mense nie altyd sterk was nie, maar dat hulle sterk geword het. Hulle het nie elke stryd gewen nie, maar wel die oorloë wat saak gemaak het. In 1928 het ‘n drie-en-dertigjarige man met die naam Paul Galvin alweer mislukking in die gesig gestaar. Op hierdie stadium het hy twee keer in die industrie misluk en sy mededingers het hom gedwing om sy jongste onderneming te sluit. Hy was egter oortuig dat hy steeds ‘n merkwaardige idee gehad het. Galvin het die veiling van sy eie besigheid bygewoon en met die $750 wat hy bymekaar kon skraap, die battery-uitskakelingsgedeelte van die voorraad teruggekoop. Daarmee het hy ‘n nuwe maatskappy gebou, een waarin hy geslaag het, een waaruit hy uiteindelik afgetree het en een wat ‘n huishoudelike naam geword het: Motorola. Roger von Oech het gesê: ‘Onthou die twee voordele van mislukking. Eerstens, as jy wel misluk, leer jy wat nie werk nie; en tweedens kry jy die geleentheid om ‘n nuwe benadering te probeer. Die meeste mense dink aan sukses en mislukking as teenoorgesteldes, maar hulle is albei produkte van dieselfde proses.’ Mislukking is vertraging, nie nederlaag nie. Ons maak almal foute, veral diegene wat optree en risiko’s neem. Dit is eers wanneer jy onwillig raak om te waag en om te misluk wat jy ophou leer, ophou groei, en ophou om sukses te behaal.
20 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min