Woord vir Vandag - 24 Julie 2025

Loading player...
“Sal twee mense saam op reis gaan sonder om eers af te spreek om dit te doen?” Amos 3:3 NLV
Hanteer verhoudingskwessies (2)
Verhoudings word op wedersydse vertroue gebou – en vertroue word op die waarheid gebou. Daar is egter maniere om die waarheid te praat wat help en maniere om die waarheid te praat wat seermaak. Jy kan die waarheid praat deur net te sê wat jy dink, sonder om die ander persoon se gevoelens in ag te neem. Of jy kan die Bybelse benadering gebruik: ‘Nee, terwyl ons mekaar liefhet, sal ons by die waarheid bly en so in alle opsigte groei…’ (Efesiërs 4:15 NLV). Kom ons veronderstel dat ‘n paartjie baklei omdat hy altyd laat is. Hoe kan sy seker maak hy verstaan haar boodskap? Wel, sy kan vir hom sê: a) ‘Ek voel gefrustreerd.’ Geen blaam, geen aanval; net ‘n eerlike uitdrukking van hoe sy voel. b) ‘Dit voel vir my asof my tyd nie werklik vir jou belangrik is nie.’ Geen aanval nie; sy deel net haar emosies eerlik. c) ‘Kan jy in die toekoms asseblief probeer om betyds te wees of my laat weet wanneer jy hier gaan wees?’ In plaas daarvan om op sy optrede in die verlede, wat hy nie kan verander nie, te fokus, sê sy vir hom hoe sy graag sal wil hê hy in die toekoms moet optree. d) ‘Sal jy gewillig wees om dit vir my te doen?’ Geen eise nie; sy vra net vir oorweging en samewerking. Wanneer hy instem, het hulle ‘n geïmpliseerde ‘kontrak’. Sy bedank hom opreg en beloon elke poging wat hy aanwend om sy woord te hou. In werklikheid het sy pas die verhouding herbelyn deur hom ‘n bondgenoot in plaas van ‘n teëstander te maak. Sy het ook die fokus as ‘n gedeelde een, nie iets wat sy ‘aan hom doen nie!’ geherdefinieer. Soos die Bybel sê: ons kan ‘saam op reis gaan’ wanneer ons ‘afspreek om dit te doen.’
23 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min