Woord vir Vandag - 26 Julie 2025

Loading player...
“Julle weet mos dat die Here elke mens wat sy werk goed doen, sal beloon…” Efesiërs 6:8 NLV
Wanneer God jou vra om te gee
Wanneer God jou vra om iets namens iemand anders op te offer, doen dit. Dis soos om geld in ‘n hemelse spaarrekening te belê. Jy mag dit dalk nie vandag of môre nodig kry nie, maar wanneer jy doen, sal God sorg dat jy dit vermenigvuldig terugkry. Die Indiese Christelike sendeling, Sadhu Sundar Singh, en ‘n metgesel was besig om deur ‘n bergpas hoog in die Himalajas te reis toe hulle ‘n liggaam in die sneeu vind. Hulle het die liggaam ondersoek en ontdek dat die man nog net-net lewe. Terwyl Sundar begin het om die ongelukkige reisiger te help, het sy metgesel beswaar gemaak en gesê: ‘Ons sal ons lewens verloor as ons onsself met hom belas.’ Sundar kon hom egter nie indink om die man in die sneeu agter te laat, sonder om ‘n poging aan te wend om hom te red nie. Sy metgesel het hom gegroet en verder geloop. Sundar het die reisiger op sy rug gelaai en met groot inspanning – wat deur die hoë hoogte en sneeutoestande vererger is - verder gedra. Terwyl hy geloop het, het die hitte van sy liggaam die bevrore man begin warm maak. Hy het weer bygekom, en gou het hulle langs mekaar geloop, mekaar ondersteun en liggaamshitte gedeel. Nie lank daarna nie, het hulle op ‘n ander reisiger se liggaam in die sneeu afgekom en by nadere ondersoek het hulle besef dat hy reeds dood was. Jy het reg geraai. Dit was Sundar se oorspronklike reisgenoot! Wat is die les hieruit te leer? Wat jy vir ander mense laat gebeur, sal God vir jou laat gebeur! Die Bybel sê: ‘Doen julle werk entoesiasties… Julle weet mos dat die Here elke mens wat sy werk goed doen, sal beloon…’ (verse 7-8 NLV).
25 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min