Woord vir Vandag - 27 Julie 2025

Loading player...
“…Jy hanteer die saak nie reg nie. Jy en die volk sal die pas nie kan volhou nie…” Eksodus 18:17-18 NLV
Stres jy te veel?
Die Bybel sê: ‘Die volgende dag moes Moses weer as regter vir die volk optree. Hulle het van vroegoggend tot laataand by Moses se tent tou gestaan. Toe Moses se skoonpa sien hoe Moses met die volk werk, vra hy vir hom: ‘Hoekom doen jy alles self? Die mense staan die ganse dag vir jou en wag!’ Moses het sy skoonpa geantwoord: ‘Die volk kom na my toe om te hoor wat die Here sê. As daar ‘n geskil is tussen twee partye, gee ek uitspraak. Ek sê vir die volk wat God besluit het en wat God wil hê.’ Sy skoonpa sê toe vir Moses: ‘Jy hanteer die saak nie reg nie. Jy en die volk sal die pas nie kan volhou nie…’’ (verse 13-18 NLV). Moses was tot op breekpunt gestres. Die Latynse woord vir ‘stres’ beteken om ‘styf getrek te word.’ Dokters sê dat dit ‘n voorloper tot beroerte en hartaanvalle is. Daar is ‘n rede waarom snelweë weegstasies het - om te verseker dat vragmotors nie meer gewig as waarvoor hulle gebou is om te vervoer, dra nie. Moses se skoonpa het vir hom gesê dat hy besig was om homself uit te put. Die Hebreeuse woord vir ‘uitput’ beteken letterlik ‘om oud te word.’ Moses was besig om voor sy tyd oud te word. As dit tans met jou gebeur: (1) verwissel ratte en begin om die vrag met ander te deel, en (2) bestee meer tyd in God se teenwoordigheid. ‘Maar dié wat hulle hoop op die Here stel, sal hulle krag terugkry… Hulle sal hardloop en nie moeg word nie. Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie’ (Jesaja 40:31 NLV).
26 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min