Woord vir Vandag - 28 Julie 2025

Loading player...
“Waar daar geen gesig is nie, vergaan die volk…” Spreuke 29:18 KAB23
Wanneer jy mismoedig voel
Die woord ‘vergaan’ roep beelde van agteruitgang en verval, soos vrugte wat van binne begin vrot, op. Op watter spesifieke dag verlaat passie ‘n huwelik, of verloor ‘n werker belangstelling in ‘n werk wat hom eens opgewonde gemaak het? Soos lug wat stilweg uit ‘n band ontsnap, kan dit wat bedoel was om ons te ondersteun en ons na ons doelwit te dryf, skaars meer beweeg. As dit is hoe jy nou voel, lees hierdie belofte en laat dit diep in jou hart wortel skiet: ‘Hy gee krag aan dié wat moeg is. Hy maak die magtelose sterk. Selfs jongmense raak uitgeput en afgemat. Baie jongmense struikel en val. Maar dié wat hulle hoop op die Here stel, sal hulle krag terugkry. Hulle vlieg soos arende. Hulle sal hardloop en nie moeg word nie. Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie’ (Jesaja 40:29-31 NLV), Die groot apostel Paulus het vir sy bewonderaars gesê: ‘…Ons is mense, net soos julle…’ (Handelinge 14:15 NLV). Ons is almal van dieselfde gebrekkige material gemaak. Daarom het ons elke dag God se krag en genade wat nuut aan ons geskenk word, nodig (sien Klaagliedere 3:22-23). Wat moet jy dus doen as jy mismoedig voel? Twee dinge. Eerstens, as jy fisies moeg is - rus. Tweedens, dink aan hoe God se familie funksioneer en hou op om jouself te isoleer. Die Bybel sê: ‘Help ander gelowiges wat swaarkry…’ (Galasiërs 6:2 NLV). Jy het in die verlede vir ander gegee - nou moet jy die genade en nederigheid hê om van hulle te ontvang. Reik uit. Gebruik jou kontakte. Begin God se Woord lees. Luister na opbouende musiek en vul jou ruimte met lofprysing. Wanneer jy hierdie dinge doen, sal jou fokus verander en jou geloof begin groei.
27 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min