Woord vir Vandag - 29 Julie 2025

Loading player...
“…sal julle in God se liefde gewortel en gegrondves wees.” Efesiërs 3:17 NLV
Die behoefte aan verbintenis
Ongelukkig word die woord fellowship dikwels met ongemaklike byeenkomste by die kerk, waar mense tee drink en geforseerde gesprekke voer, geassosieer. Paulus beskryf fellowship en verbondenheid egter as ‘in God se liefde gewortel en gegrondves wees.’ Wanneer ‘n boom sy wortels in die grond indring, neem dit voedingstowwe en water op en die boom groei en kry lewe. Net so word ons gewortel en ons siele deur die liefde van God en ander mense gevoed. Wanneer ons met iemand ‘n ware verbintenis vorm, ervaar ons dit fisies en emosioneel. Wanneer daar ‘n uitruiling van opregte omgee plaasvind, word die wortels van jou siel gevoed. Ons floreer wanneer ons met God en mense verbind is en ons kwyn wanneer ons geïsoleerd is. Emosioneel geïsoleerde mense is meer geneig tot depressie, angs, eensaamheid, lae selfbeeld, middelmisbruik, seksuele verslawing en probleme met eet en slaap. Een gedragskenner skryf: ‘Verbintenis help nie net om ons te maak wie ons is nie; dit help om te bepaal wie ons as individue word. In beide gevalle is menslike verbintenis, geestesgesondheid en emosionele welstand onlosmaaklik met mekaar verbind.’ Selfs diere wat geïsoleer is, ervaar meer intensiewe arteriële sklerose. Een skrywer skryf: ‘’n Vriend van my het ‘n hond en ‘n kat gehad wat tien jaar lank baklei het. Toe sterf die kat… en die hond wou nie meer eet nie. Ses weke later is hy dood.’ Dit is net ‘n klein illustrasie van die krag van verbintenis. Dit beteken nie dat jy jouself moet dwing om ‘n ekstrovert te word nie. Sommige van die skaamste mense het die diepste vriendskappe omdat hulle lewensverrykende verhoudings identifiseer, daarby aansluit, floreer en teruggee. Dit is wat God jou ontwerp het om ook te doen.
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min