Woord vir Vandag - 4 Aug 2025

Loading player...
“...Ek het juis hiervoor aan jou verskyn om jou as my dienskneg en getuie aan te stel…” Handelinge 26:16 NLV
Vind jou lewensdoel
In bofbal probeer die vanger die kolwer se aandag aftrek. By een geleentheid, toe dit Yogi Berra se beurt was om te vang, het Hank Aaron opgedaag om te kolf. Yogi het begin: ‘Hank, jy hou die kolf verkeerd vas. Die woorde op die kolf moet na jou kant toe kyk.’ Yogi het aangehou: ‘Jy beter seker maak jy hou die kolf reg vas. Jy moet die woorde op die kolf kan lees.’ Hank het nie ‘n woord gesê nie. Hy het net die volgende bal oor die middelveldheining geslaan. Hy het rondom die basisse gehardloop, die tuisbasis bereik en na Yogi Berra gekyk en gesê: ‘Ek het nie hierheen gekom om te lees nie, ek het gekom om te wen.’ Dit is noodsaaklik om te weet hoekom jy hier is. Deesdae sê mense dat hulle hulself probeer vind. So ‘n soektog is nutteloos. Soos een pastoor sê: ‘As jy nie weet wie jy is nie, hoe weet jy waarna om te soek? Hoe sal jy weet wanneer jy dit gekry het, aangesien jy nie weet waarna jy soek nie? Broodroosters vind nie hulself nie. ‘n Broodrooster moet eenvoudig net doen wat die vervaardiger vir hom in gedagte gehad het.’ Paulus het ‘n bonatuurlike ervaring op die Damaskuspad gehad toe Christus vir hom gesê het: ‘…Ek het juis hiervoor aan jou verskyn om jou as my dienskneg en getuie aan te stel. Jy moet vertel hoedat jy My gesien het en van wat Ek jou nog sal laat sien’ (vers 16 NLV). Om jou lewensdoel te vind, moet jy met God as jou verwysingspunt begin. Hy het jou gemaak; Hy het jou verlos; Hy het ‘n plan vir jou lewe - en Hy sal dit aan jou openbaar.
3 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min