Woord vir Vandag - 8 Aug 2025

Loading player...
“…Hulle doen dit om ‘n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons ‘n onverganklike.” 1 Korintiërs 9:25 AFR83

Die vyf krone (1)

Wanneer die Bybel ons hemelse beloning beskryf, word daar van krone gepraat. Kom ons kyk na elkeen en wat ons daaruit kan leer. Die eerste is die oorwinnaarskroon. ‘Almal wat aan ‘n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om ‘n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons ‘n onverganklike. Ek hardloop dan ook soos een wat nie van sy doel onseker is nie; ek slaan soos ‘n bokser wat nie in die lug slaan nie. Maar ek oefen my liggaam en bring dit onder beheer, sodat ek nie ander tot die stryd oproep en self nie kwalifiseer nie’ (verse 25-27 AFR 83). Paulus noem dat atlete wat wil wen, aktief daarvoor moet oefen. Net so moet ons selfbeheersing oor dinge wat, alhoewel dit nie inherent boos is nie, maar ons toewyding aan God kan verswak, uitoefen. ‘n Pastoor verduidelik dit as volg: ‘Soms moet ons die televisie afskakel sodat ons Bybelstudie kan doen. Ons moet vroeër in die oggend opstaan om ons dagstukkie te lees. Ons moet selfbeheersing oor dit waarmee ons ons gedagtes vul, uitoefen. Ons kan baie van vandag se televisieprogramme en rolprente – en nog te meer die materiaal wat op ons fone en rekenaars beskikbaar is – nie kyk sonder om Bybelse standaarde van persoonlike heiligheid te oortree nie. Ons kan nie ons liggame aan dwelm- of alkoholmisbruik onderwerp of toelaat dat onsedelikheid in ons verhoudings insluip nie. Ons moet ons humeure en tonge onder die beheer van die Heilige Gees hou. Ons moet op God staatmaak om ons in ons besluite om ‘n gedissiplineerde lewe te lei, te versterk.’ Die Bybel sê: ‘Hulle doen dit om ‘n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons ‘n onverganklike.’ Werk om die oorwinnaarskroon te ontvang.
7 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min