Woord vir Vandag - 11 Aug 2025

Loading player...
“…Wees net getrou tot die dood toe, en Ek sal aan julle die kroon van die lewe gee.” Openbaring 2:10 NLV

Die vyf krone (4)

Die vierde kroon is die kroon van die lewe. Twee verskillende verse maak melding daarvan: ‘Geseënd is die man wat versoeking verdra, want as hy beproef word, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet’ (Jakobus 1:12 KAB23). ‘…Wees net getrou tot die dood toe, en Ek sal aan julle die kroon van die lewe gee.’ ‘n Pastoor verduidelik dit as volg: ‘Die kroon van die lewe word gegee in erkenning aan die volharding en oorwinning oor versoeking en beproewing, selfs tot die punt van martelaarskap. Ons word deur ons liefde vir Christus gemotiveer en ons volhard en gee nooit op nie totdat Hy ons huis toe neem. Byna elke boek in die Nuwe Testament is aan gelowiges, wat in gevaar van martelaarskap geleef het, geskryf. Die apostels het hulle aangeraai om te volhard sodat hulle die kroon van die lewe kan ontvang.’ Deesdae leef ons in een van die intenste tydperke van vervolging in die geskiedenis van die kerk. Geopende Deure, ‘n organisasie wat vervolging monitor, het in 2017 berig dat vervolging elke jaar erger word, dat honderd persent van Christene in een-en-twintig lande regoor die wêreld vervolging as gevolg van hul geloof in Christus ervaar en meer as 215 miljoen Christene ‘hoë vlakke’ van vervolging in die gesig staar. Byna een uit elke twaalf Christene woon deesdae in ‘n land of kultuur waarin Christenskap onwettig of verbode is en waar dit gestraf word.’ Die Bybel sê: ‘Ja, en almal wat ‘n toegewyde lewe in Christus Jesus wil lei, sal vervolging te beurt val’ (2 Timoteus 3:12 NLV). Die goeie nuus is egter dat dit elkeen van ons ‘n wonderlike geleentheid gee om die kroon van die lewe op te eis.
7 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min