Woord vir Vandag - 15 Aug 2025

Loading player...
“…sal hulle wat die oorvloed van God se genade ontvang, ja, die gawe van sy regverdiging… in die lewe regeer.” Romeine 5:17 AFR20

Geregtigheid is ‘n gawe, nie ‘n beloning nie

Die Bybel sê: ‘Want as deur die oortreding van die een mens die dood deur daardie een mens begin heers het, sal hulle wat die oorvloed van God se genade ontvang, ja, die gawe van sy regverdiging, nog soveel eerder deur die een mens, Jesus Christus, in die lewe regeer’ (vers 17 NLV). Die geregtigheid wat God goedkeur en aanvaar is ‘n gawe en word op genade gebaseer. Genade is onverdiende guns by God. Probeer jy deur jou dade om geregtigheid voor God te verdien? Glo jy dat wanneer jy meer goeie dade doen, meer gee, meer bid en meer dien, dat God jou liewer sal hê en jou seën? Dit is alles goeie dinge om te doen. Geregtigheid voor God is egter ‘n gawe wat Hy vir jou gee, jy self kan dit nie verdien nie. Hoe sou jy ook weet wanneer jy genoeg gedoen het om God te behaag en geregtig voor Hom te wees? Satan sal elke geleentheid gebruik om jou te veroordeel omdat jy nooit genoeg doen nie. Wanneer dit gebeur, begin jy in die strik van skuld, veroordeling en skaamte te trap. Wanneer jy jou verhouding met God op jou eie meriete baseer, sal jy altyd te kort skiet. Wanneer jy jou geregtigheid as ‘n gawe wat deur God aan jou geskenk is omdat jy jou vertroue in Christus geplaas het sien, begin jy ‘in die lewe regeer.’ ‘Die sonde mag hoegenaamd nie oor julle heerskappy voer nie…’ (Romeine 6:14 NLV). In plaas daarvan om deur die wêreld, die vlees en die duiwel beheer te word, ‘regeer’ jy oor hulle.
12 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min