Woord vir Vandag - 22 Aug 2025

Loading player...
“…ek het die wedloop voltooi…” 2 Timoteus 4:7 NLV
Moenie bang wees om oud te word nie
Voordat hy vir sy geloof ter dood veroordeel is, het Paulus geskryf: ‘Ek het die goeie stryd gestry, ek het die wedloop voltooi, en ek het gelowig gebly. En nou wag die prys vir my: die lourierkrans van geregtigheid wat die Here, die regverdige Beoordelaar, my sal gee op die groot dag van sy wederkoms…’ (verse 7-8 NVL). Tot op die oomblik wat hy tereggestel is, het Paulus aangehou om waarhede, wat die wêreld sou verander, te skryf. Hy het nooit gesê: ‘Ek gee op!’ nie. Het hy rede gehad om op te gee? Natuurlik, hy is deur sy vyande vervolg en deur sy vriende verlaat. Wat het hom aan die gang gehou? Die visie wat in sy hart gebrand het (sien Handelinge 26:19). Solank as wat jy ‘n visie het, sal jy nooit ‘oud’ wees nie. Om die vrees vir veroudering te oorkom, moet jy die volgende doen: 1)
Handhaaf ’n gesindheid van geloof en verwagting. Solank jy glo dat die beste dae nog voor jou lê, doen hulle! (2) In plaas daarvan om oor die goeie ou dae obsessief te raak, soek maniere om nuwe herinneringe te maak. Probeer byvoorbeeld om jou vakansie op verskillende maniere, op verskillende
plekke en met verskillende mense te vier. As jy dinge wil hê wat jy nie het nie, moet jy dinge begin doen wat jy nog nie gedoen het nie. (3) Kry jou finansiële sake in orde. ‘’n Goeie mens laat iets na vir kleinkinders…’ (Spreuke 13:22 NLV). Die grootste nalatenskap is nie geld nie, maar liefde, getrouheid, integriteit en ‘n voorbeeld van ‘n goddellike lewe. As verloste kind van God, gaan jy na ‘n beter plek wanneer jy sterf – maar jou doelwit moet wees om die wêreld ‘n beter plek na te laat.
21 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min