Woord vir Vandag - 23 Aug 2025

Loading player...
“…God… het immers vir hulle ‘n stad voorberei.” Hebreërs 11:16 NLV
Burgers en pelgrims
Daar is ‘n verhaal oor ‘n Amerikaanse toeris wat die huis van ‘n negentiende-eeuse Poolse rabbi besoek het. Die toeris was verbaas om dit so karig ingerig te vind. Die leefarea, ‘n eenvoudige kamer vol boeke, het ‘n tafel en ‘n bankie bevat. Toe die toeris die rabbi vra: ‘Waar is al jou meubels?’ het hy
geantwoord: ‘Waar is joune?’ Die toeris het geantwoord: ‘Wat bedoel jy? Ek is ‘n besoeker. Ek is net tydelik hier.’ ‘Ek ook!’ het die rabbi geantwoord. Ons almal is net tydelik hier. In werklikheid is Christene burgers van die hemel wat met ‘n ompad via die aarde huis toe gaan. ‘Ons daarteenoor het ons burgerskap in die hemel. Van dáár verwag ons ook die Here Jesus Christus as Redder’ (Filippense
3:20 NLV). Vir die verloste kind van God behoort die hemel ‘n ingesteldheid te wees; ‘n manier van dink en leef. Paulus skryf: ‘Aangesien julle saam met Christus opgewek is, mik in dié lewe na die dinge wat daarbo by Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit. Laat julle gedagtes beheer word deur die hemelse dinge... Julle het mos saam met Christus gesterf en julle lewe is saam met Hom veilig by God weggesteek’ (Kolossense 3:1-3 NLV). Die hemel is ons Noordster. Laat sy skoonheid jou verbeelding aangryp, sy waardes jou gedrag bepaal, sy vreugdes jou smart verlig en sy almagtige
Koning jou lewenslange aanbidding ontvang! Die hemel behoort vir ons ‘n lewensveranderende waarheid te wees. Ons is nie hier om te bly nie. Ons is pelgrims op reis, met ‘n heerlike bestemming waar ons die ewigheid in ons Vader se huis gaan deurbring (sien Johannes 14:2). Ons is op pad na ons Ewige Huis
22 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min