Woord vir Vandag - 24 Aug 2025

Loading player...
“Almal wat aanhou oorwin, sal hierdie dinge erf…” Openbaring 21:7 NLV
Geroep om te oorwin (1)
‘n Pastoor skryf: ‘Almal van ons wil hê dat elke dag ‘n goeie dag moet wees. As elke dag egter ‘n goeie dag was, sou daar geen ‘goeie’ dae wees nie, want daar sou geen slegte dae wees om die goeie dae mee te vergelyk nie. Siekte help ons om gesondheid te waardeer. Mislukking help ons om sukses te waardeer. Skuld help ons om rykdom te waardeer. Die moeilike tye help ons om die goeie tye te
waardeer. Teëspoed is dikwels die saadbedding van geleenthede, omdat dit ‘n manier het om die beste in ons na vore te bring. Teëspoed is dikwels ‘n bedekte seën. Ons droom van geen swaartekrag. Ons stel ons voor hoe die lewe sonder enige probleme of uitdagings sou wees. Vanuit ‘n biologiese perspektief is geen swaartekrag egter gevaarlik vir jou gesondheid. Ruimtevaarders wat tyd in die
ruimte met geen swaartekrag deurbring, ervaar ernstige mediese komplikasies. Sonder enige weerstand, verloor hulle spiermassa en beendigtheid, hulle ervaar hoë polsslag en hartkloppings en hulle kan skaars loop wanneer hulle weer die aarde se atmosfeer binnedring. Ons droom dalk van
geen swaartekrag wat teëspoed voortbring, maar wat ons regtig nodig het, is ‘n gesonde dosis teëspoed. Die mense wat God die meeste kan gebruik, is dikwels die mense wat die meeste teëspoed ervaar het. Dit is nie noodwendig wat jy wil hoor nie, maar dit is die waarheid. Teëspoed kan ‘n groter vermoë om God te dien voortbring.’ Teëspoed veroorsaak dat ons na God draai, op Hom steun, Hom soek en Hom leer ken op ‘n manier wat ons nie andersins sou nie. Die Bybel sê: ‘…Dié wat in hulle God glo, sal egter sterk staan en doen wat reg is’ (Daniël 11:32 NLV).
23 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min