Woord vir Vandag - 25 Aug 2025

Loading player...
“…Die oorwinning wat die wêreld verower het, is ons geloof.” 1 Johannes 5:4 NLV
Geroep om te oorwin (2)
‘n Pastoor moedig ons aan: ‘Die psigoanalis, Alfred Adler, het ‘n fassinerende navorsingsprojek oor die teorie van kompensasie van stapel gestuur. Hy het kunsstudente bestudeer en ontdek dat sewentig persent van hulle aan optiese afwykings ly. Hy het degeneratiewe afwykings in die ore van groot
komponiste soos Mozart en Beethoven gevind. Hy het talle voorbeelde van mense wat op die gebied van hul grootste swakheid uiteindelik suksesvol geword het, aangehaal. Adler het geglo dat geboortedefekte, armoede, siekte en negatiewe omstandighede dikwels die springplank tot sukses is. God wil jou teëspoed gebruik en dit in ‘n bediening verander. Mense gaan deur ‘n pynlike egskeiding,
of die dood van ‘n kind, of ‘n vernietigende verslawing, maar God help hulle om uit die put te klim sodat hulle ander in soortgelyke omstandighede kan help. Een van die verlammendste foute wat ons maak, is om te dink dat ons probleme ons op een of ander manier diskwalifiseer om deur God gebruik te word. Niemand rol die rooi tapyt uit en nooi tragedie in hul lewens in nie, maar ons grootste gawes
en passies is dikwels die neweproduk van ons ergste tragedies en mislukkings. Beproewings het ‘n manier om ons te help om ons doel in die lewe te herontdek.’ Die probleme waardeur jy met God se hulp geworstel het, word ‘n platform waarop jy kan staan en ander mense kan bedien. ‘God, die Vader van ons Here Jesus Christus, word geprys! Hy is die Vader van meelewing en die God wat in elke opsig bemoedig. In al ons swaarkry bemoedig Hy ons. Hy doen dit sodat ons ook in staat sal wees om mense in al hulle swaarkry by te staan met dieselfde bemoediging waarmee God ons versterk het’ (2
Korintiërs 1:3-4 NLV)
24 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min