Woord vir Vandag - 26 Aug 2025

Loading player...
“Tog is ons ten spyte van al hierdie dinge besig om ‘n superoorwinning te behaal…” Romeine 8:37 NLV
Geroep om te oorwin (3)
Het jy al van die beginsel van superkompensasie gehoor? ‘n Pastoor verduidelik dit as volg: ‘Wanneer ‘n atleet verby die drumpel van pyn en uitputting gedruk word, oorkompenseer die liggaam. Hoe meer ‘n spier afgebreek word, hoe meer bou dit weer op. Die tweehonderd-en-ses bene in die liggaam gaan voortdurend deur ‘n proses wat hermodellering genoem word. Hulle word deur osteoklaste afgebreek en deur osteoblaste opgebou. Die proses van hermodellering word intensiewer wanneer ‘n been breek. Ekstra osteoblaste help om die been te herbou. Daar is ‘n tydperk van swakheid waar die been meer kwesbaar vir ‘n herbesering is. Daarom dra ons gips. Die been is egter sterker as wat dit was om mee te begin, omdat die liggaam oorkompenseer. Baie selde breek ‘n been twee keer op dieselfde
plek, omdat die been dikker en sterker is as wat dit voor die breuk was. Amper soos ‘n gebreekte been wat herstel moet word, breek God ons waar ons gebreek moet word. God verbreek die trots en wellus en woede in ons lewens, maar Hy doen dit om ons na sy beeld te hervorm. Sodra ons genees, is ons sterker as wat ons was. Paulus skryf: ‘Aan julle is immers die voorreg gegee om Christus te dien, nie alleen deur in Hom te glo nie, maar ook deur vir Hom te ly’ (Filippense 1:29 NLV). Ons is geneig om lyding as ‘n noodsaaklike euwel te sien, maar Paulus noem dit ‘n goddelike voorreg.’ Miskien is God besig om jou te hervorm. Miskien sal die probleem wat jy gedink het jy nooit sal oorkom nie, jou effektiefste bediening word.
25 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min