Woord vir Vandag - 28 Aug 2025

Loading player...
“Ek brei my liggaam en dissiplineer dit…” 1 Korintiërs 9:27 NLV

Jy moet oefen

Fisiese oefening versterk jou immuunstelsel sodat jy hartsiektes, kanker, diabetes, vetsug, hoë bloeddruk, skildklierwanfunksie, verswakte geheue en ‘n magdom ander kwale kan beveg. Die beste soort oefening is die een waarvan jy hou en die gerieflikste is. Hier is die twee grootste redes waarom ons nie ‘n oefenprogram konsekwent volg nie: Eerstens verloor ons belangstelling daarin omdat ons nie veel bevrediging daaruit kry nie. Tweedens verg dit te veel tyd of moeite. Of jy nou ‘n vinnige stappie neem of ‘n hoë-energie fiksheidsklas bywoon, amper enige fisiese aktiwiteit sal jou liggaam laat ontspan en jou weer energie gee. Oefen ten minste dertig minute per dag, ‘n minimum van vyf dae per week. Paulus som vir ons die sleutel tot sukses in een woord op: dissipline. ‘Ek brei my liggaam en dissiplineer dit om werklik bruikbaar te wees…’ (vers 27 NLV). Fisiese oefening kan jou ook help om stres te verminder, gewig te verloor en dit af te hou en beter oor jouself te voel. As jy nie tyd vir ‘n amptelike oefensessie het nie, probeer om oefening geleidelik in jou leefstyl in te sluit. Parkeer verder van die winkel af, sodat jy verder tot daar moet loop. Neem die trappe, eerder as om met die hysbak te ry. As verloste kind van God is daar ‘n baie belangrike rede om fisies fiks te bly: ‘Of verstaan julle nie dat julle liggame ‘n tempel van die Heilige Gees is wat in julle woon… nie?.. Daarom moet julle God met julle liggaam verheerlik’ (1 Korintiërs 6:19-20 NLV). Bid die volgende: ‘Here, help my om gereeld ‘n vorm van fisiese oefening te doen.’
27 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min