Woord vir Vandag - 29 Aug 2025

Loading player...
“…As God aan jou leierseienskappe gegee het, hanteer dit met toewyding…” Romeine 12:8 NLV

Die uitdaging om leiers te ontwikkel (1)

Daar is ‘n tweevoudige uitdaging om leiers te ontwikkel. 1) Opkomende leiers wil baie keer leiding neem voordat hulle werklik gereed is. 2) Potensiële leiers kan slegs volwasse leiers word wanneer hulle toegelaat word om hul inisiatief te ontwikkel en uit te oefen. Hoe gebeur dit? Deur goeie tydsberekening! Paulus skryf: ‘Moet nooit oorhaastig ‘n ouderling aanstel nie…’ (1 Timoteus 5:22 NLV). Weer skryf hy: ‘’n Ouderling moet nie ‘n onlangse bekeerling wees nie, want as hy so gou gekies word, kan hy dalk verwaand raak, en die duiwel sal dié verwaandheid gebruik om hom tot ‘n val te bring’ (1 Timoteus 3:6 NLV). Hier is dus die uitdaging: As jy die tydsberekening deurjaag, omseil jy die groeiproses, maar as jy leiers terughou wanneer hulle gereed is om te beweeg, inhibeer jy hul groei. Iets wat jou kan help om die tydsberekening reg te kry, is om te identifiseer of jou mentaliteit een van gebrek of oorvloed is. As jy dink dat jy ‘n onvoldoende hoeveelheid hulpbronne en ‘n beperkte aantal geleenthede het, kan jy huiwer om jou leiers risiko's te laat neem - omdat jy dalk glo die organisasie nie foute kan bekostig nie. As jy egter dink dat geleenthede onbeperk en God se hulpbronne hernubaar en oneindig is, sal jy meer geneig wees om risiko's te neem. Dink terug: Hoe het jy ‘n leier geword? Deur ondervinding en deur foute maak – nie waar nie? Dis hoe ander mense ook tot leiers ontwikkel! Die Pulitzer-prys-bekroonde skrywer Garry Wills het gesê: ‘Leiers gee insae oor waarheen hulle op pad is. ‘n Leier wat dit stil hou, bevind hom gou sonder volgelinge.’ Dit verg ‘n sterk leier om ander aan die proses te laat deelneem en te laat ontwikkel.
27 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min