Woord vir Vandag - 30 Aug 2025

Loading player...
“…Ons bekwaamheid kom van God…” 2 Korintiërs 3:5 NLV

Die uitdaging om leiers te ontwikkel (2)

‘n Leierskapskundige skryf: ‘Dit verg sterk leiers aan die bopunt van die leer om die leiers wat vir hulle werk, volle deelnemers aan die organisasie se leierskapproses te laat wees. As middelvlak leiers hulle bevraagteken, neem sterk leiers dit nie persoonlik op nie. Wanneer die leiers onder hulle idees deel, kan hulle nie bekostig om bedreig te voel nie. Wanneer mense op ‘n laer vlak as hulle risiko's wil neem, moet hulle bereid wees om hulle die ruimte te gee om te slaag of te misluk. Leierskap daag verouderde idees, ou maniere om dinge te doen en die status quo uit. Die geheim vir die ontwikkeling van nuwe leiers is om hulle die ruimte te gee om nuwe maniere te vind om dinge te doen - maniere wat beter as joune is. Beweeg meer na die agtergrond wanneer jou leiers tot hul eie reg begin kom. Probeer die rol van wyse raadgewer en hoofbemoediger aanneem. Verwelkom die begeerte van jou beste leiers om die organisasie te vernuwe en te verbeter. ‘n Oorwinning vir die organisasie is immers ‘n oorwinning vir jou. Watter rol speel jy dus in jou organisasie? Is jy ‘die kenner,’ of is jy meer ‘n raadgewer en voorstander? Vra jouself af: ‘Verskaf ek ‘n omgewing waar mense vrae kan vra, idees kan deel en risiko’s kan neem?’’ As jou doel is om God se koninkryk te bou, kan jy die antwoord op hierdie vraag in God se Woord vind: ‘Nie dat ons op eie houtjie iets kan bedink asof dit ons eie breinkind is nie. Ons bekwaamheid kom van God, wat ons bekwaam gemaak het…’ (verse 5-6 NLV).
27 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min