Woord vir Vandag - 31 Aug 2025

Loading player...
“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is…” 2 Timoteus 2:2 NLV

Die uitdaging om leiers te ontwikkel (3)

’n Leierskapskundige wat ‘n peiling gedoen het om uit te vind hoe mense leiers geword het, skryf: ‘Ek het mense gevra of hulle leiers geword het omdat (a) hulle ‘n leierskapsposisie gegee is; (b) daar ‘n krisis in die organisasie was; of (c) hulle gementor is. Meer as 80 persent het aangedui dat hulle leiers is omdat iemand hulle in leierskap gementor en deur die proses gelei het. As leiers is ons gewoonlik nie onseker oor die leierskapontwikkelingsproses of opleiding wat ons gee nie. Ons voel egter onseker wanneeer ons dit oorweeg om die leiers wat ons oplei, te laat gaan om self te begin lei. Dis soortgelyk aan hoe ouers oor hul kinders voel. My kinders is al groot en het hul eie gesinne, maar toe hulle tieners was, was die moeilikste ding vir my en my vrou om hulle die vryheid te gee om hul eie pad te baan en hul eie besluite te neem. Dit is skrikwekkend, maar as jy hulle nie toelaat om hul vlerke te sprei nie, sal hulle nooit leer vlieg nie. Soos ek ouer word, is my hooffunksie as spanleier om my span met leierskapseienskappe toe te rus en hindernisse uit hul pad te verwyder. Wanneer ek dit doen, word die kans al hoe groter dat hulle tot hul volle potensiaal sal ontwikkel.’ Jesus het vir sy dissipels gesê: ‘Dit is nie julle wat My uitgekies het nie, maar Ek wat julle uitgekies het om julle in staat te stel om te gaan vrugte dra, vrugte wat sal hou…’ (Johannes 15:16 NLV). As jy blywende vrugte en resultate wil hê, moet jy die tyd neem om leiers te ontwikkel.
27 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min