Duitse RWE onttrek uit Hyphen-aankoop ooreenkoms, nie oor NTLA nie

Loading player...
Die Duitse kragverskaffer, RWE, het hom aan die Hyphen-groen ammoniakprojek onttrek. Die maatskappy het in 2022 'n voorlopige nie-bindende ooreenkoms met Hyphen onderteken om vanaf 2027 sowat 300 000 ton ammoniak per jaar aan te koop. Die maatskappy sê egter nou dat daar 'n stadiger as verwagte vraag in Europa na waterstof en waterstofderivate soos ammoniak is. Hyphen-woordvoerder Ricardo Goagoseb het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat RWE se besluit nie verband hou met kritiek van inheemse regtegroepe soos die Nama Tradisionele Leiersvereniging nie.
30 Sep 2025 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

BKS lei na verbod op Botswana gesplete hoef-diere, produkte

Die veeartsenydepartement het ‘n verbod op die invoer van gesplete hoef-diere en hul produkte uit Botswana aangekondig, na bek-en-klouseer in die land bevestig is. Die produkte sluit in dié vir persoonlike of huishoudelike gebruik. Die verbod het onmiddellik in werking getree. Die landbouministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, verduidelik.
12 Mar 8AM 1 min

Uitspraak voorbehou in AfriForum se matriekuitslag-saak

Die Hooggeregshof in Pretoria het uitspraak voorbehou oor die Inligtingsreguleerder se aansoek om verlof tot appèl teen die uitspraak wat toelaat dat matriekuitslae gepubliseer word. Die hof het voorheen bevind die gebruik van eksamennommers beskerm leerders se privaatheid en dien ook die openbare belang. Alana Bailey van AfriForum sê hulle…
12 Mar 8AM 1 min

Eerste millimeter-golflengte radioteleskoop in Afrika op pad na Namibië

Namibië sal Afrika se eerste millimeter-golflengte radioteleskoop huisves nadat 'n kontrak onderteken is om met die konstruksie van die Africa Millimeter Telescope te begin, wat deel sal vorm van die globale Event Horizon Telescope-netwerk. Die teleskoop sal naby die HESS-sterrewag by Gamsberg gebou word. Die ligging bied hoë hoogte, 'n…
12 Mar 7AM 1 min

Begroting moet meer aan landbou, ontwikkeling toewys: Venaani

Die parlement debatteer steeds die 2026/27-begroting en PDM-president McHenry Venaani het dit as herhalend en stagnant beskryf. Hy sê hoewel maatskaplike besteding belangrik is, moet die regering kyk na meer ontwikkelingsbesteding as dit werkloosheid wil aanspreek. Venaani sê die landbousektor speel 'n sentrale rol en moet meer aandag kry.
12 Mar 7AM 1 min