Olie: Geleentheid of oorskatte potensiaal?

Loading player...
'n Gevallestudie met die titel “Olie in Namibië: Ekonomiese geleentheid of oorskatte potensiaal?” is onlangs vrygestel deur Climate Strategies en Salzburg Global, saam met die Instituut vir Openbare Beloeidsnavorsing, IPPR. Volgens die verslag loop die land se strewe om 'n beduidende olieprodusent te word, die risiko om sy vordering na 'n lae-koolstof-, inklusiewe en volhoubare toekoms in gevaar te stel. Daar word gewaarsku dat Namibië die langtermyn ekonomiese voordele van olie kan oorskat, gegewe die onsekerheid rondom finale beleggingsbesluite en die verwagte afname in die wêreldwye vraag na fossielbrandstowwe. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die verslag se skrywer, die instituut se Dietrich Remmert, wat 'n oorsig van die hoof-bevindinge gee.
13 Oct 2025 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

BKS lei na verbod op Botswana gesplete hoef-diere, produkte

Die veeartsenydepartement het ‘n verbod op die invoer van gesplete hoef-diere en hul produkte uit Botswana aangekondig, na bek-en-klouseer in die land bevestig is. Die produkte sluit in dié vir persoonlike of huishoudelike gebruik. Die verbod het onmiddellik in werking getree. Die landbouministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, verduidelik.
12 Mar 8AM 1 min

Uitspraak voorbehou in AfriForum se matriekuitslag-saak

Die Hooggeregshof in Pretoria het uitspraak voorbehou oor die Inligtingsreguleerder se aansoek om verlof tot appèl teen die uitspraak wat toelaat dat matriekuitslae gepubliseer word. Die hof het voorheen bevind die gebruik van eksamennommers beskerm leerders se privaatheid en dien ook die openbare belang. Alana Bailey van AfriForum sê hulle…
12 Mar 8AM 1 min

Eerste millimeter-golflengte radioteleskoop in Afrika op pad na Namibië

Namibië sal Afrika se eerste millimeter-golflengte radioteleskoop huisves nadat 'n kontrak onderteken is om met die konstruksie van die Africa Millimeter Telescope te begin, wat deel sal vorm van die globale Event Horizon Telescope-netwerk. Die teleskoop sal naby die HESS-sterrewag by Gamsberg gebou word. Die ligging bied hoë hoogte, 'n…
12 Mar 7AM 1 min

Begroting moet meer aan landbou, ontwikkeling toewys: Venaani

Die parlement debatteer steeds die 2026/27-begroting en PDM-president McHenry Venaani het dit as herhalend en stagnant beskryf. Hy sê hoewel maatskaplike besteding belangrik is, moet die regering kyk na meer ontwikkelingsbesteding as dit werkloosheid wil aanspreek. Venaani sê die landbousektor speel 'n sentrale rol en moet meer aandag kry.
12 Mar 7AM 1 min