LPM looi ECN, eis kommissaris verwydering

Loading player...
Die LPM vra vir die dringende verwydering van die Verkiesingskommissie van Namibië se kommissarisse, en beskuldig die liggaam van vooroordeel, onbevoegdheid en skending van SAOG-verkiesingbeginsels. Die party sê in 'n verklaring die kommissie het nie daarin geslaag om onpartydige verkiesings te hou nie, het die LPM se aktiwiteite in sommige streke geblokkeer, stembriewe verkeerd hanteer, en noue bande met die regerende party behou. Ivan Skrywer van die LPM het aan die nasionale uitsaaier gesê hulle het Vrydag aan die kommissie geskryf oor die tekort aan stembriewe wat by die regeringspakhuis waargeneem is. Hy het meer.
17 Nov 2025 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

BKS lei na verbod op Botswana gesplete hoef-diere, produkte

Die veeartsenydepartement het ‘n verbod op die invoer van gesplete hoef-diere en hul produkte uit Botswana aangekondig, na bek-en-klouseer in die land bevestig is. Die produkte sluit in dié vir persoonlike of huishoudelike gebruik. Die verbod het onmiddellik in werking getree. Die landbouministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, verduidelik.
12 Mar 8AM 1 min

Uitspraak voorbehou in AfriForum se matriekuitslag-saak

Die Hooggeregshof in Pretoria het uitspraak voorbehou oor die Inligtingsreguleerder se aansoek om verlof tot appèl teen die uitspraak wat toelaat dat matriekuitslae gepubliseer word. Die hof het voorheen bevind die gebruik van eksamennommers beskerm leerders se privaatheid en dien ook die openbare belang. Alana Bailey van AfriForum sê hulle…
12 Mar 8AM 1 min

Eerste millimeter-golflengte radioteleskoop in Afrika op pad na Namibië

Namibië sal Afrika se eerste millimeter-golflengte radioteleskoop huisves nadat 'n kontrak onderteken is om met die konstruksie van die Africa Millimeter Telescope te begin, wat deel sal vorm van die globale Event Horizon Telescope-netwerk. Die teleskoop sal naby die HESS-sterrewag by Gamsberg gebou word. Die ligging bied hoë hoogte, 'n…
12 Mar 7AM 1 min

Begroting moet meer aan landbou, ontwikkeling toewys: Venaani

Die parlement debatteer steeds die 2026/27-begroting en PDM-president McHenry Venaani het dit as herhalend en stagnant beskryf. Hy sê hoewel maatskaplike besteding belangrik is, moet die regering kyk na meer ontwikkelingsbesteding as dit werkloosheid wil aanspreek. Venaani sê die landbousektor speel 'n sentrale rol en moet meer aandag kry.
12 Mar 7AM 1 min