(GELOFTEDAG) Dinsdagoggend Erediens - Past Pieter Calitz

Loading player...
PSALMS 66
Hoe ontsagwekkend is u werk!
1Vir die koorleier. 'n Lied. 'n Psalm.
Juig tot eer van God, almal op aarde!
2Sing tot roem van sy Naam,
gee Hom die eer wat Hom toekom!
3Bely voor God: Hoe ontsagwekkend is u werk!
U mag is groot, u vyande kruip voor U.
4Alle mense moet voor U buig,
hulle moet sing tot u eer,
hulle moet sing tot eer van u Naam.
Sela
5Kom hoor wat God gedoen het,
kom hoor van sy magtige dade onder die mense:
6Hy het die see in droë land verander;
sy volk het droogvoets deur die rivier getrek.
Toe het ons gejubel oor Hom
7wat ewig heers deur sy mag
en die nasies in die oog hou.
Die vyande moet hulle nie teen God verset nie!
Sela
8Prys ons God, alle volke,
laat sy lof weerklink!
9Dit is Hy wat ons die lewe gee
en nie toelaat dat ons struikel nie!
10U het ons beproef, o God,
ons gelouter soos silwer;
11U het ons in 'n net gevang,
'n swaar las op ons gelê;
12U het ons deur mense laat vertrap,
ons het deur vuur en water gegaan;
maar toe het U ons uitgelei na oorvloed toe.
13Ek sal u huis betree met brandoffers
en aan U die geloftes betaal
14wat ek gedoen het, wat ek afgelê het
toe ek in nood was.
15Ek bring vir U vet skape as brandoffers,
ramme as wierookoffers,
ek offer beeste en bokke.
Sela
16Kom luister, alle dienaars van God,
ek wil vertel wat Hy vir my gedoen het:
17Skaars het ek na Hom geroep,
of daar was reeds 'n loflied op my lippe.
18As daar sonde in my hart was,
sou die Here nie geluister het nie.
19Maar God hét geluister,
Hy hét my gebed verhoor!
20Die lof kom God toe wat my gebed nie afgewys
en sy trou nie van my weerhou het nie.
15 Dec 2025 11PM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Donderdag Oggenddiens - Dr Belinda van der Vlies

GENESIS 50 18Daarna het die broers na Josef toe gegaan en voor hom op hulle knieë geval en gesê: “Hier is ons voor u. Ons is u slawe.” 19Maar Josef het hulle geantwoord: “Moenie bang wees nie. Ek is nie God nie. 20Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou…
11 Mar 11PM 10 min

Woensdag Oggenddiens - Dr Belinda van der Vlies

SPREUKE 3 3Moenie dat liefde en trou by jou ontbreek nie; leef daarmee saam, maak dit 'n deel van jou lewe. 4So sal jy guns verwerf en byval vind by God en mens. 5Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. 6Ken Hom in alles…
10 Mar 11PM 11 min

Maandag Oggenddiens - Dr Belinda van der Vlies

JOËL 2 Kom terug na My toe! 12Maar nou sê die Here: Kom met julle hele hart terug na My toe, vas, huil en treur! 13Skeur julle harte, nie julle klere nie. Kom terug na die Here julle God toe: Hy is genadig en barmhartig; Hy is lankmoedig en vol…
8 Mar 11PM 11 min

Sondagaand Erediens - Past Pieter Calitz

1 KORINTIËRS 15 Die opstanding van Christus 1Ek herinner julle, broers, aan die evangelie wat ek aan julle verkondig het en wat julle ontvang het en waarin julle ook gevestig staan. 2Deur dié evangelie word julle ook gered as julle vashou aan die boodskap soos ek dit aan julle verkondig…
8 Mar 10AM 21 min