Aanhitsers van 2021 onluste s saak is hofgereed

Loading player...
Die hooggeregshof in Durban, KwaZulu-Natal, het die saak van 62 vermeende aanhitsers van die onrus in Julie 2021 is nou hofgereed. Meer as 300 mense is in die onluste in KZN en Gauteng dood. Die voormalige Fees Must Fall-aktivis en vermeende aanhitser, Bonginkosi Khanyile, het aan die hof gesê die onluste het niks te doen gehad met sy oproepe vir voormalige president Jacob Zuma se vrylating uit die tronk nie. Natasha Ramkisson-Kara sê die staat sal getuies roep, insluitend misdaadkundiges en digitale ontleders:
26 Jan 9PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

BKS lei na verbod op Botswana gesplete hoef-diere, produkte

Die veeartsenydepartement het ‘n verbod op die invoer van gesplete hoef-diere en hul produkte uit Botswana aangekondig, na bek-en-klouseer in die land bevestig is. Die produkte sluit in dié vir persoonlike of huishoudelike gebruik. Die verbod het onmiddellik in werking getree. Die landbouministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, verduidelik.
12 Mar 8AM 1 min

Uitspraak voorbehou in AfriForum se matriekuitslag-saak

Die Hooggeregshof in Pretoria het uitspraak voorbehou oor die Inligtingsreguleerder se aansoek om verlof tot appèl teen die uitspraak wat toelaat dat matriekuitslae gepubliseer word. Die hof het voorheen bevind die gebruik van eksamennommers beskerm leerders se privaatheid en dien ook die openbare belang. Alana Bailey van AfriForum sê hulle…
12 Mar 8AM 1 min

Eerste millimeter-golflengte radioteleskoop in Afrika op pad na Namibië

Namibië sal Afrika se eerste millimeter-golflengte radioteleskoop huisves nadat 'n kontrak onderteken is om met die konstruksie van die Africa Millimeter Telescope te begin, wat deel sal vorm van die globale Event Horizon Telescope-netwerk. Die teleskoop sal naby die HESS-sterrewag by Gamsberg gebou word. Die ligging bied hoë hoogte, 'n…
12 Mar 7AM 1 min

Begroting moet meer aan landbou, ontwikkeling toewys: Venaani

Die parlement debatteer steeds die 2026/27-begroting en PDM-president McHenry Venaani het dit as herhalend en stagnant beskryf. Hy sê hoewel maatskaplike besteding belangrik is, moet die regering kyk na meer ontwikkelingsbesteding as dit werkloosheid wil aanspreek. Venaani sê die landbousektor speel 'n sentrale rol en moet meer aandag kry.
12 Mar 7AM 1 min