Kwata Krieket brei voetsoolvlak-krieket uit

Loading player...
Kwata Krieket gaan voort met sy missie om die sport na kinders in landelike Namibië te neem, met meer as 80 000 jongmense wat sedert 2009 aan krieket bekendgestel is. Volgens Gert Grobler, hoof bedryfsbeampte van Ashburton Investments, die program se hoofborg, is die ondersteuning van krieket op voetsoolvlak 'n betekenisvolle belegging in die land se toekoms. Hy het insigte met Kosmos 94.1 Nuus gedeel oor die maatskappy se voortgesette verbintenis tot die ontwikkeling van die spel op gemeenskapsvlak.
18 Mar 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Die Dag Wat Was, 29 Junie 2026

Welkom by die Die Dag Wat Was, waar jy 'n oorsig kry van die belangrikste nuusgebeure, plaaslik en buite ons grense. As jy dalk 'n bullie misgeloop het deur die loop van die dag, gaan jy op die uur die hoofpunte kan volg. Daar is iets van alles, van die varsste nuus uit die howe tot die politiek en wyer. En soos gewoonlik kry jy dit net op een plek, en dis Kosmos 94.1! 
29 Jun 10AM 4 min

Regering verskerp beskerming van mariene hulpbronne

Namibië verskerp pogings om sy mariene hulpbronne te beskerm en internasionale samewerking in visserye en bewaring te versterk. Die minister van inligting, Emma Theofelus, sê die kabinet het 'n nuwe memorandum van ooreenkoms met Spanje goedgekeur om mariene navorsing, visserybestuur en kapasiteitsbou te bevorder. Die kabinet het ook Namibië se…
29 Jun 8AM 1 min

Madlanga-kommissie krap kop ná Khan-skietvoorval

Die Madlanga-kommissie gaan die senior misdaadintelligensie-offisier Feroz Khan se regsverteenwoordigers raadpleeg voor hulle besluit oor die pad vorentoe, nadat hy Sondagaand 'n skietvoorval oorleef het. Woordvoerder Jeremy Michaels sê Khan sal nie soos geskeduleer verskyn nie, terwyl die kommissie die uitwerking daarvan op sy program beoordeel. Hy beklemtoon die kommissie…
29 Jun 8AM 1 min

'CoW mislei inwoners,' sê aktivis

Nadat Stad Windhoek 'n uitnodiging wat deur die Khomas Ratepayers Association aan alle inwoners gerig is as misleidend bestempel het, het die woordvoerder van die vereniging, Shaun Gariseb, sterk gereageer. Volgens hom mislei die Stad die inwoners. Die uitnodiging is na wat die vereniging 'n kritieke vergadering met die volle…
29 Jun 8AM 1 min

Cran kry MTC voor stok oor data, diens

Kommer deur MTC-kliënte oor data wat vinnig verdwyn, onduidelike fakturering en algemene diensgehalte het Cran tot aksie gedryf. Die reguleerder het met MTC vergader om toesig te versterk en 'n tegniese verifikasieproses van stapel te stuur wat daarop gemik is om klagtes te ondersoek en verbruikersvertroue te herstel. Cran-woordvoerder Mufaro…
29 Jun 7AM 1 min