Emmi het op #WeeksdaeVibes met Venita kom kuier en gesels oor haar derde pop-enkelsnit, Wat Gaan Gebeur. Sy vertel meer oor die storie agter die lied — daardie “wat as?”-oomblik wanneer jy wonder of jy die sprong moet neem en om ’n kans te vat.
Aidan Kade het op #WeeksdaeVibes met Venita kom kuier en gesels oor hul emosionele nuwe enkelsnit, Hoor Jy My? Hulle gesels meer oor die emosie agter die musiek en hoe mens soms net die behoefte het om werklik gehoor te word.
Venita gesels met Sasha Burn oor haar splinternuwe enkelsnit ONE. Sy vertel hoe hierdie liedjie gaan oorliefde, verlange en daardie groot “wat as?”-vrae wat ons almal soms ronddra.
Manfred Zipfel het onlangs sy nuutste enkelsnit, Colours of the Earth, vrygestel – ’n kragtige en emosionele liedjie met ’n belangrike boodskap oor ons verhouding met die aarde en die verantwoordelikheid wat ons dra om dit te beskerm. Hy gesels met Venita oor hierdie enkelsnit en deel meer oor sy…
Carley het by Venita kom kuier om te gesels oor nuwe musiek - WAG VIR JOU. Sy vertel meer hoe sy na matriek balans gaan vind tussen haar studies en liefde vir musiek en wat haar droom vir haar loopbaan is.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.