Linda Korsten kuier in Gister Se Grotes

Loading player...
Linda Korsten is een van 5 kinders van een van die grootste supersterre wat Suid-Afrika nog opgelewer het. Maar vir haar was Ge Korsten baie meer as net nog 'n naam op 'n plakkaat. Sy het hom pa genoem. Linda het as onderwyseres gekwalifiseer by die Universiteit van Pretoria. Waarna sy by die destydse SAUK aangesluit het om as produksie sekretaresse te werk vir die Afrikaanse Verskeindenheid Departement, waar sy primêr met musiekprogramme gewerk het. Sy het toe onder Louise Smit Produksies as vryskut regisseur begin werk en was later die regisseur van kinderprogramme soos Pumpkin Patch, Kideo, Bimbo en Ketonki.

Meer onlangs was regisseur en mede-vervaardiger van films soos Liefling en Pretville wat deesdae ook 'n landmerk is in Harties. Maar sy en haar man woon tans in Danabaai in die Suidkaap. Ons dink saam met haar terug aan die loopbaan van Ge Korsten.
29 Jul 2018 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Route326: Magda Louw en haar Erhard

Magda en Erhard het ’n goeie show beplan, julle, regtig, goeie waarde vir geld, hulle sal dalk selfs genomineer kan word vir ’n prys of so… Maar die ou man vergeet heeltyd waar hy moet inkom en arme Magda moet net vure doodslaan. Selfs die dans is maar louwarm. (Klem…
10 Sep 10 min