Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
13,719 Episodes
1340 – 1360

Louis Liebenberg agter tralies

Die valke het gisteraand die omstrede diamantsmous Louis Liebenberg en sy vrou, Dezzi, is in hegtenis geneem. Rapport se nuusredakteur, Werner Swart gesels hieroor en sê hy vermoed dat dit 'n lang uitgerekte saak sal wees.
23 Oct 2024 9AM 9 min

Inflasie val tot 3,8%

Johan Gouws, hoof van welvaartadviesdienste, PPS gesels oor die impak van inflasie op die wisselkoers.
23 Oct 2024 9AM 5 min

Nuwe “seile” vir vragskepe

Pieter Geldenhuys, toekomskundige en direkteur by die Instituut vir Tegnologie Strategie en Innovasie, verbonde aan die DaVinci-sakeskool gesels oor die nuutste tegnologie.
21 Oct 2024 9AM 5 min

Scatec gaan ’n reuse battery in die Noord-Kaap bou

Scatec is tans besig met die finale voorbereidings om die bouwerk van die projek te begin, die visepresident van projekontwikkeling vir Afrika suid van die Sahara, Alberto Gambacorta gesels oor die projek.
21 Oct 2024 9AM 8 min

Goud gouer goudste

Theo Vorster, medestigter van Galileo Capital gesels oor die JSE se indeks van alle aandele, J.P. Morgan se vooruitsigte vir SA, en die goudprys.
21 Oct 2024 9AM 11 min

Maak so om veilig te bly in die kuberruimte

In 'n era waar digitale bedreigings al hoe slimmer word, is dit belangrik dat beleggers op hoogte bly en hulself kan beskerm. Hannes Wessels, hoof van Binance Suid-Afrika verduidelik hoe.
18 Oct 2024 8AM 7 min

Kenners antwoord luisteraarsvrae

Omri Thomas, uitvoerende hoof van Abax Investments en Richus Nel, finansiële beplanner by PSG Wealth beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak.
18 Oct 2024 8AM 15 min
1340 – 1360