Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
14,862 Episodes
5460 – 5480

Markoorsig

Johan Gouws, hoof van advies by Sasfin Wealth gesels oor die week wat goed geëindig het, die rand se beweging, Napers en Prosus, asook Richemont se aandeelprys.
11 Nov 2022 8AM 6 min

Markoorsig

Johan Gouws, hoof van advies by Sasfin Wealth gesels oor die Amerikaanse inflasiesyfer, Prosus en die staatsdiensstaking.
10 Nov 2022 9AM 5 min

Bitcoin val sy wind uit

Marius Reitz, hoofbestuurder van Luno Afrika gesels oor kriptogeldeenhede wat geval het en wat tussen FTX en Binance gebeur het.
9 Nov 2022 8AM 7 min

TWK behaal rekordwins en verhoog sy dividend

Eddie Fivaz, finansiële hoof van TWK gesels oor hoe gekoppel hul prestasie aan die gesondheid van die lanboubedryf is en oor hul segmente wat die beste gevaar het.
9 Nov 2022 8AM 7 min

Markoorsig

Drikus Combrinck, uitvoerende hoof van Capicraft gesels oor goudaandele, Gold Fields en Yamana Gold, asook Northam Platinum en Impala.
9 Nov 2022 8AM 5 min

Yamana laat val Gold Fields soos 'n warm patat

Kobus Nell, portefeuljebestuurder by Stanlib gesels oor of Gold Fields sy aanbod moes verhoog het en of die skeidingsfooi 'n normale fooi vir transaksies van hierdie omvang is.
8 Nov 2022 8AM 6 min
5460 – 5480